
Bruin kinders sing 63 vrolike tradisionele Christelike Afrikaanse snitte spesiaal opgeneem voor Fire Trails en word reeds goed ontvang.
Hoekom Bruin kinders?
Die idee het begin terwyl Soekie in Amerika was – sy het ontvang dat die mantel van skaamte van ons land, Suid-Afrika, afgehaal moet word. Sy het daardeur verstaan dat dit deur die eerste nasie moet wees, d.w.s. die Khoi.
Die spesifieke doel van hierdie CD is om die klank van die eerste nasie vry te stel en sodoende die mantel van skaamte van die Khoi-kinders af te haal, met die belofte dat die geluid van hulle stemme die aarde sal skeur (1Kon 1:40).